Hoofse liefde

God Speed!, deur Edmund Leighton, 1900: 'n laat Victoriaanse siening van 'n lady wat gesels met 'n ridder wat op pad is na 'n geveg.

Hoofse liefde (Engels: courtly love; Frans: amour courtois) was in die Middeleeue 'n kulturele vorm van 'n verfynde liefdesbelewing wat klem gelê het op adellikheid en ridderlikheid.

Die Middeleeuse letterkunde is vol voorbeelde van ridders wat op avonture gaan en verskeie dienste lewer aan ladies vanweë hulle "hoofse liefde". Dié soort liefde was oorspronklik 'n soort fiksie wat vir die vermaak van die adel geskep is, maar mettertyd 'n groter gehoor gelok het. In die hoë Middeleeue is 'n "liefdespel" ontwikkel om dié idees as 'n stel sosiale parktyke. Hoofse liefde is as 'n verrykende praktyk beskou.[1][2]

  1. Stevens, John (1979). Music & Poetry in the Early Tudor Court. New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-29417-7.
  2. Newman, F. X., red. (1968). The Meaning of Courtly Love. Albany: State University of New York. ISBN 0-87395-038-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search